2023 ATKV-Redenaarskompetisie





ATKV REDENAARS 2023

Dit is vir ons aangenaam om mee te deel dat die drie De Carvalho-boeties onder die top vyftien sprekers in die Noord-Kaap val.

Vyf HSDA leerders het Vrydag, 21 April in Upington gaan meeding.

Die kompetisie was straf, maar hierdie leerders is RAAKPRATERS

Graad 8 en 9 Voorbereide Kategorie

Marco de Carvalho eindig tweede met sy onderwerp Afrikaans is nie ’n Hollywood glans-nutsmerk nie, maar ’n taal in eie reg.

Adriano de Carvalho eindig twaalfde met sy onderwerp Die piepende katoeter in my tienerhand bring my by kruispad-keuses.

Graad 10 – 12 Voorbereide kategorie

Leandro de Carvalho eindig agtste met sy onderwerp Bemagtiging sit Suid-Afrika se ligte af.

Ons is baie trots op hierdie sprekers wat Hoërskool De Aar se naam hoog hou!



VLNR: Adriano, Leandro, Marco de Carvalho