Proscenium Dramakompetisie



Proscenium Dramakompetisie

Twaalf van HSDA se leerders het die geleentheid gehad om 23 Februarie aan die uitdunne van die Proscenium Dramakompetisie in Bloemfontein deel te neem.

Hierdie kompetisie is ‘n tienertoneelkompetisie en word deur Herman van der Westhuizen, KykNet, die Artscape, RSG, ATKV en die onderskeie kunstefeeste gedryf.

Leerders neem individueel deel en moes elk ‘n prosa- en gedigteteks voorberei. Elke leerder moes ook ‘n kort improvisasie doen.

Die leerders het baie goeie terugvoer ontvang, finaliste sal egter eers die 26ste Maart bekend gemaak word.

Hierna sal die volgende rondtes in Meimaand by die Artscapeteater in Kaapstad plaasvind.

Daar is groot pryse op die spel en ons hou styf duimvas vir hierdie besonderse talentvolle Arende.



Lesedi Mosia

Congratulations to Lesedi Mosia who has been chosen to take part in the Proscenium Drama Competition.

She is one of 60 learners who were chosen from 643 competitors from across South Africa.

The competition will take place from the 9th to the 11th of May at the Artscape Theatre in Cape Town.

This is a wonderful achievement and we wish her well.

Break a leg, Eagle!