2021 CSV





Afsluiting

Die Christelike Studente Vereniging het hierdie week afskeid geneem van die graad 12 groepleiers.

Graad 12’s begin nou met hul voorbereidende eksamens en het dus hul laaste CSV les aangebied. By die weeklikse opleiding sessie het ons afskeid geneem van Stephnie Douw, Chanique van Syfer en Heinrich Mostert.

Die CSV het vir elk ‘n koffiebeker met hul eie foto en gunsteling Bybelvers op, geskenk, as aandenking.

Almal saam het ‘n stukkie koek geniet. Die koek was in die vorm van ‘n oop Bybel.

Die boodskap was: Rig jou lewe op die Woord en jy sal suksesvol wees.

Ons bid hierdie kringleiers alle seën toe met hul eksamens en toekoms.

Elke HSDA skolier is dankbaar vir die saad wat weekliks in hul lewens gesaai is deur die groepleiers.