2019 CSV





SUKSESVOLLE OUERSKAP

ʼn Volwasse benodig ʼn werkspermit, ʼn motorlisensie en ʼn geweerlisensie, selfs ʼn troulisensie om paartjies in die eg te verbind. Mààr as dit kom by ouerskap is daar geen lisensie nodig.

Hebron gemeente ondervind ouers voel nie altyd opgewasse vir die taak en dus het hul ʼn kenner op die gebied gekry om met ouers te kom gesels.

Die hele dorp se ouers was welkom en toegang gratis. Dit was verblydend om te sien hoe baie pa’s die sessie bygewoon het. Verrassend baie ouers het opgedaag, in ag genome dis ʼn Vrydagaand.

Daar is veral klem gelê op die rol van pappas. Pa’s kan beslis meer gereeld hul kinders, van enige ouderdom, komplimenteer en aanmoedig. ʼn Klop op die skouer of stywe druk, doen wondere vir ʼn kinder hart.

Ma’s kan weer op hul beurt meer bid vir hul tieners en mans.

Ouers is herinner dat hul kinders hul fyn dophou en selfs ongekommunikeerde seine optel en lyftaal lees.

Die boodskap was duidelik: Pa, ma, spandeer tyd saam met jou kind. Spreek positiewe woorde oor hul en bou hul op. En as ons as ouers val, wees eerlik en opreg. Sterkte ouers!