2019 CSV





LEWENSAFRIGTER BESOEK HSDA

Met die aanvang van die nuwe skooljaar, het leerders en ouers soms bietjie motivering en leiding nodig. HSDA se Beheerliggaam, in samewerking met Hebron Gemeente, het dit dus gepas gevind om die dienste van die lewensafrigter, Wian Vos te bekom.

Wian werk regoor die land in skole rondom onderwerpe soos, fokus, doelstellings en die belangrikheid van keuses. Deur die loop van ʼn normale dag, maak ons duisende keuses. Dit is van kardinale belang wàt ons kies.

Die kwaliteit van ons lewe word bepaal deur keuses wat jy maak. Mnr. Vos het relevante voorbeelde geneem uit tieners se lewens; so byvoorbeeld beoefen jy keuses ten opsigte van huiswerk, aandag gee in klas, maats, sosiale media, verhoudinge, vakke ens. Wian het ʼn voorbeeld van humeur gebruik. Binne sekondes kan jy sò woedend raak en humeur verloor dat jy iemand doodslaan. Sò ʼn verkeerde keuse kan jou lewe ingrypend verander.

Tieners het aandagtig geluister en die geleentheid wat die skool geskep het, aangegryp.



Die afgelope naweek het die CSV Kringleiers van HSDA ʼn opleidingsessie geniet, saam met die lewensafrigter Wian Vos.



HSDA se beheerliggaam bele graag in hul leiers; wie weer op hul beurt dit terugploeg in hul mede-skoliere.



Die twintig leiers het buite op ʼn naby geleë plaas, saam gekuier, geëet, geswem en belangrikste van als, na die woord van God en lewenswyshede van Wian geluister. Hierdie leiers is nou slaggereed vir die verantwoordelikhede van 2020.