2020 Internasionale Prestasie Modellering





HSDA SE EIE INTERNASIONALE MODEL

Ambrosia West, ook bekend as Nevelleigh by Hoërskool De Aar het in September aan ʼn skoonheidskompetisie by die Silverstar Casino deelgeneem.

Van regoor die hele SA en Namibie het modelle deelgeneem, vir twee volle dae. Slegs die heel beste en mooiste is na afloop hiervan uitgenooi na IMTA se Internasionale optrede in die VSA, 2021. Dit is voorwaar ʼn eens in ʼn leeftyd geleentheid.

Ons hou hierdie HSDA model dop en weet sy gaan hoë hoogtes bereik.