2024 ATKV-Redenaarskompetisie



Hoërskool De Aar se redenaars presteer uitstekend.

Vier van HSDA se redenaars het tydens die semi-finale rondte van die ATKV se landswye redenaarskompetisie onder die Top-10 in hulle onderskeie afdelings in die Noord-Kaap geëindig. Die rondte is op 25 Mei te Upington gehou.

Die uitslae is as volg:

Adriano de Carvalho – 3de

Leandro de Carvalho – 7de

Marco de Carvalho – 9de

Liné Pienaar (Onvoorbereide toesprake) – 2de

HSDA is trots op hierdie redenaars en sien uit na wat hulle in die toekoms gaan vermag.





ATKV REDENAARS

Hoërskool De Aar se redenaars wys hul staal.

Vyf van Hoërskool De Aar se redenaars het daarin geslaag om deur te dring na die semi-finale rondte van die ATKV se landswye redenaarskompetisie.

Op 25 Mei gaan Leandro de Carvalho, Marco de Carvalho, Adriano de Carvalho, Antoné Menne en Liné Pienaar te Upington skouers skuur met die beste redenaars in die Noord-Kaap.

HSDA is baie trots op hierdie redenaars en wens hulle alle sukses toe vir die volgende rondte.



Voor: Marco en Adriano de Carvalho

Agter: Liné Pienaar, Leandro de Carvalho, Antoné Menne