Proscenium Dramakompetisie
Proscenium Dramakompetisie
Hoërskool De Aar het weer hierdie jaar die geleentheid gehad om aan die Proscenium Dramakompetisie deel te neem..
Hierdie kompetisie is ‘n tienertoneelkompetisie en word deur Herman van der Westhuizen, KykNet, die Artscape, RSG, ATKV en die onderskeie kunstefeeste gedryf.
Daar is verskeie gesogte pryse op die spel insluitend ‘n rol in ‘n RSG-radiodrama en beurse.
Dertien leerders het gedurende die kwartaal ‘n prosa- en gedigtetekste voorberei om vir die beoordeelaars te vertoon.
Op 26 Februarie, te midde van Karoofees- voorbereiding, het die leerders hul talente ten toon gestel en die beoordeelaars beïndruk.
Elke leerder moes ook ‘n kort improvisasie doen.
Hierdie 13 leerders het deelgeneem en het baie positiewe terugvoer ontvang:
Abulele Baartman, Charlene Williams ,Lesedi Mosia, Candice Frazer, Siyolise Biko, Faith Pieterse, Tiffany Sors,
Jaimé Vilander, Helen Kahugu, Veronica Matekwa, Llené Festus, Mbuyiselo, Junior Madyo, Sibabelwe Tshaliti.

v.l.n.r. (voor): Veronica Matekwa; Charlene Williams, Jaime Vilander, Tiffany Sors, Faith Pieterse
v.l.n.r. (agter): Candice Frazer, Sibabalwe Tshaliti, Abulele Baartman, Helen Kahugu, Llene Festus, Mbuyiselo Junior Madyo