SACOPA





Hoërskool De Aar-leerders blink uit by SACOPA 2024

Leerders van Hoërskool De Aar het met trots aan die “South African Championship of Performing Arts (SACOPA)” deelgeneem, wat van 21 tot 28 September 2024 in Rustenburg plaasgevind het. Die kompetisie het talentvolle jong kunstenaars van regoor die land saamgebring, en Hoërskool De Aar se deelnemers het uitstekend presteer.

Altesaam 22 leerders van die skool het aan die kompetisie deelgeneem en 'n indrukwekkende aantal medaljes ingepalm. Hul uitsonderlike prestasies het die skool en die gemeenskap baie trots gemaak. Die uitblinkers sluit in:

• Johandré Ungerer, wat drie silwer medaljes vir sy uitstaande kitaarspel ontvang het.

• Zizi Mvenya, wat met een silwer en een brons medalje vir sy sangtalent weggestap het.

• Leandro de Carvalho, wat drie brons en een silwer medalje vir sang gewen het.

• Johandré Barkhuizen, wat 'n silwer medalje vir haar solo-dans gewen het.

• Karia Erasmus, wat een goud, een silwer, en een brons vir solo-dans ontvang het. Karia het ook kwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig as deel van die SA-span.

Die dansgroep, El Digno, wat uit 18 leerders bestaan, het ook besonder goed gevaar en drie silwer en een goue medalje ingepalm. Hulle het ook kwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig.

Me. Elzaan Fourie was die dansinstruktrise en het die dansers voorberei, terwyl me. Wilmien Ungerer verantwoordelik was vir die voorbereiding en afronding van die sangers en instrumentele kunstenaars.

Hoërskool De Aar het weereens bewys dat hul leerders nie net op akademiese vlak uitblink nie, maar ook op die gebied van uitvoerende kunste. Ons wens al die leerders sterkte toe met hul voorbereidings vir die internasionale kompetisie in Los Angeles!





Hoërskool De Aar leerders skitter in provinsiale semi-finale vir kampioenskappe vir uitvoerende kunste.

Heelwat leerders van Hoërskool De Aar is gekies, tydens die provinsiale semi-finale, om deel te vorm van die Noord-Kaap provinsiale span.

Hierdie prestasie is 'n ware blyk van hul harde werk en toewyding tot hul kuns.

Die leerders wat nou deel vorm van die Noord-Kaap span het bewys dat hulle regtig uitstaan in hul veld.

Die nasionale kampioenskap wat van 20 tot 29 September in Rustenburg plaasvind, is 'n geleentheid vir hulle om hul talente te wys en die Noord-Kaap trots te verteenwoordig teen al die ander provinsies.

Ons sê baie geluk aan elke leerder van Hoërskool De Aar met hul deelname aan die kompetisie.

Ons glo in julle vermoëns en weet dat julle vol trots en passie die skool en provinsie sal verteenwoordig.

Mag hierdie ervaring vir julle 'n onvergeetlike een wees en mag julle met hope medaljes huis toe kom!

Baie sterkte aan die hele Noord-Kaap span!



INDIVIDUELE OPTREDES:

Agter: TC Markgraaff (solo - modellering), Zizi Mvenya (Solo-vokaal), Johandre Ungerer (Solo- kitaar)

Voor: Veronica Matekwe (Solo-vokaal, Johandre Barkhuizen (Solo dans) Leandro de Carvalho (solo sang)



EL DIGNO DANSGROEP:

Agter: Olona Wele, Karia Erasmus, Nicole Swart

Middel: Azola Mack, Charline Mathewson, Shana Mintor

Voor: Connie Mangena, Shaney Mintor, Ntivo Shipalane



DE AAR EAGLES DANSGROEP:

Agter: Johandré Barkhuizen, Olona Wele, Karia Erasmus, Azola Mack,

Eerste ry Middel: Endinako Tyutyu, Soma Sgongela, Kaone Motsatsi, Nicole Swart,

Tweede ry Middel: Favor Makhe, Sinovuyo Magwebu, Unathi Nkabi, Cwenga Mbalula,

Derde ry Middel: Juliet Moyo, Charline Mathewson, Shana Mintor, Kelly Oliphant,

Vierder ry Middel: Erika Swart, Ilan Kleynhans, Chelsea Metcalfe, Connie Mangena

Voor: Isabel Jansen van Rensburg, Akhanya Makapela, Katelyn Pretorius, Shaney Mintor, Ntivo Shipalane