2020 Koshuis Funksie





Alice in Wonderland

‘Would you tell me, please, which way I ought to go from here?’ Alice asked

‘That depends a good deal on where you want to go,’ said the Cat

‘I don’t much care where-‘ said Alice

‘Then it doesn’t matter which way you go,’ said the Cat

‘-As long as I get SOMEWHERE,’ Alice added

‘Oh, you’re sure to do that,’ said the Cat ‘if you only walk long enough.

Net soos Alice se avontuur in die fliek “Alice in Wonderland”, was 2020 ‘n jaar vol verrassings, uitdagings en ‘n aanhou en wen uitkyk, tot die einde. So het die gr 6 leerder die aand ingelei.

Die kinders van Huis Sterrie Marais en Huis Jan Pienaar het te midde van al die chaos van 2020 steeds ‘n wonderlike koshuisfunksie gehad. Die personeel is bedank vir hulle diens en daar is afskeid geneem van die matrieks en sommige graad 7’s. Die matrieks het spesiaal die aand geopen deur die sleutel oop te sny om die saal binne te gaan. Elke matriek het ook ‘n spesiale geskenk ontvang. Die kinders moes die tema “Mad Hatters” gebruik moes elk ‘n unieke hoed maak wat deur mev. Koen beoordeel is. Die oorspronklikste hoed het ‘n prys ontvang, een vir JPS, een vir LDA en een vir HSDA.

Die mammas het hulself weereens oortref met die voorbereiding van die saal. Die pappas was bobaas braaiers en het heerlike steaks gebraai vir die kinders en die koshuispersoneel, en soos altyd is daar vir heerlike bykos en nagereg gesorg.

Na al die toesprake en ‘n heerlike ete, het die kinders allerhande danse gedoen in lyn met die Covid regulasies. Hulle het gelyndans, die Macarena is oor en oor gedoen en selfs die Jerusalema het ‘n beurt gekry. Die koshuispersoneel het heerlik meegedoen saam met die kinders en het gedans dat die stof staan.

Die koshuisfunksie bly ‘n hoogtepunt elke jaar vir elke koshuiskind. Hulle word gereeld deur die jaar bederf met ‘n vrugtefees, ‘n spesiale ete op Valentynsdag, ‘n lentedag ete en dan die room van die oes, die koshuisfunksie. Vir elke koshuiskind is dit ‘n heerlike bederfaand. Die meisies trek hulle mooiste rokkies aan en die seuns se hare word selfs gekam. Wat ‘n voorreg om elke jaar die vreugde op elke gesiggie te sien wanneer hulle die saal binnegaan. Dit word jaarliks in groot geheimhouding versier en almal kry dit eers te siene wanneer daardie swart gordyn voor die deur verwyder word. Dis ‘n Aand vol lag en dans en kuier saam met jou vrinne saam met wie jy elke dag ‘n kamer en tafel deel, en ‘n paar foto’s om dit alles vas te vang vir eendag se onthou.

Vir die vir wie dit die laaste keer was, is dit is iets wat julle altyd sal onthou. Vir die wat nog kom, begin solank droom oor die wonderlike tye waarin jy baie herinneringe gaan bou om ‘n leeftyd aan te herkou…….en maak jou reg vir vriendskappe….. wat ‘n leeftyd gaan hou! Dis voorwaar ‘n plek waar vriende, familie word.



Die mammas het hulself weereens oortref met die voorbereiding van die saal.



ELKEEN SE SITPLEKKIE - spesiaal met ʼn plekmatjie, koekie en koeldrank.



Koshuisfunksie: “Alice in Wonderland tema” mooi uitgebeeld vir die foto hoekie



Maskerbal – Leon le Roux, Tommie Olivier, Roelf du Plessis



Oorspronklikste hoede: Anja van der Merwe, Luanita Steenkamp