2020 Koshuis Afsluiting





Terwyl 2020 omtrent amper ‘n vloekwoord vir meeste mense geword het, het dit vir Huis Sterrie Marais en Jan Pienaar meer van ‘n 20/20 visie korreksie geword, van hoe ons mekaar moet waardeer in ons geleende tye.

Met verkorte skooldae, moes leerders baie vermag, oorkom en probeer om te volhard. Ten spyte van toenemende druk kon dit regkry, en sommige het sommer met vlieënde vaandels geslaag.

Die koshuis personeel het met volle welbehae die kinders aangemoedig, alhoewel dit met ‘n diepe ontnugtering was dat dit die laaste paar dae met Gr12 leerders onder hul vleuels sou wees.

Ons wil net ons Gr 12 leerders wat ons huise verlaat, sterkte toewens met hul nuwe lewenspaadjies wat hulle gaan aanpak. Hulle gaan ‘n groot leemte los. Hulle hulp, gespelery en ondersteuning vir jonger leerders was van onskatbare waarde. Ons wens hulle baie sterkte toe met die bou van hul nuwe toekoms, en hoop van harte, die lewensvaardighede wat hulle in die koshuis aangeleer het, êrens in hul toekoms vir hul tot voordeel gaan wees.

Ook, met trots kan ons meedeel en gelukwensings oordra aan ons ander leerders met uitmuntende prestasies:

LDA: Johandre Ungerer (Gr 6), is gekies as onderhoofseun vir die skool. Liance van Zyl (Gr 7), is aangewys as Dux leerling en Rico van Heerden (Gr 7), het ‘n prys ontvang vir ‘n aanlyn karate kata kursus wat hy voltooi het.

Volgens tradisie, het ons ook ‘n afskeids-ete vir die ouers gehou volgens Covid regulasies, en ouers kon afskeid neem van Gr12 leerder mammas wat ons verlaat. Koshuis personeel het ‘n bederf pakkie ontvang namens ouers en komitee, net om hulle te bedank vir die jaar.

Leerders is ook bederf met ‘n jaarlikse Kersete tussendeur al die geleerdery. Daar is ook heerlik in af tye gespeel en gelag en fees gevier soos net “familie” dit kan doen.

Ons as komitee wil net graag die personeel en ouers bedank vir jul getroue ondersteuning deur die jaar om ons ” huis” weg van die huis voor te laat leef, en ons familie te laat groei. Ons kan met trots se ons personeel het kinders se nuwe lewenswyse vir hulle baie vergemaklik, en dit ‘n leefstyl laat word van higiëne. Ons personeel het nie een oomblik gehuiwer om ons kinders se “huis” veilig en kiemvry te hou nie, en ons as ouers is diep dankbaar.

Huis Sterrie Marais en Huis Pienaar bly voorwaar ‘n plek waar vriende familie word.

Covid-19 is nie meer net vir ons ‘n virus nie, maar ‘n vertroue in God.

1 Cor 1: 9 Message Bible, “God, Who got you started in this spiritual adventure, share with us the life of His Son and our Master Jesus. He will never give up on you. Never forget that”.



Hierdie drie leerders was vanaf Graad 1 tot 12 saam in die koshuis:

Améy Duvenhage, Johan Duvenhage, Anlie Human



Graad 12's wat die koshuis verlaat: Montelle Booysen, Henlo du Plessis, Keanan Douw



Johandre Ungerer - Onder-hoofseun LDA



Kers afsluitingsete - leerders



Koshuisma's - Kers asfsluidingsete



Liance van Zyl - Dux-leerling LDA 2020