Verjaarsdag





Skoolhoof van HSDA se verjaarsdag

HSDA se skoolhoof, Mnr. Koen se verjaarsdag van 11 September is vrydagoggend gevier.

Die leerlingraad het ʼn erewag na Mnr. Tony Sequeira se BMW i8 sportmotor gevorm.

Mnr. Koen is begelei en vir ʼn rit in hierdie pragtige motor geneem.

Met sy terugkoms het die skoolkinders vir hom ʼn erewag gevorm en die hoofmeisie en hoofseun het aan hom ʼn geskenk oorhandig.





Mnr. Tony Sequiera wens Mnr. Koen geluk met sy verjaarsdag waarna hul in sy BMW i8 sportmotor vertrek.



Mnr Koen beweeg deur die erewag van die skoolleerders met die hoofleiers saam met hom.



Mnr. Koen bedank almal vir sy verjaarsdag



Kyla Blom - hoofmeisie en Jeandré Rust oorhandig ʼn geskenk aan Mnr. Koen