MARLI VAN DER BIJL





MARLI VAN DER BIJL – Tree op as aktrise in 7de Laan



Akademies: Universiteit van die Vrystaat

*BA Drama en Teaterkuns cum laude 2011

*4 jaar klassieke sangopleiding by die Odeion School of Music (UFS) by tenoor Petrus van Heerden

*BA (Hons) Drama en Teaterkuns cum laude 2012

*toppresteerder in jaargroep vir Drama en Teaterkuns 2009-2012 (1ste jaar - honneurs)

*assistent lektrise by Drama Departement in Kinderteater vir tweedejaarstudente 2013-2014

*verwerf Meestersgraad (M.A. Drama en Teaterkuns) deur die Universiteit van die Vrystaat cum laude - 2018





Artistiek/loopbaanhoogtepunte



*Elsa Krantz medalje vir hoogste artistieke prestasie vir vroulike student by die UFS Drama Departement - 2011

*nominasies vir Fiësta teatertoekennings 2013 in kategorieë “Beste aktrise” en “Beste Opkomende Kunstenaar” vir Maria in Putsonderwater wat gespeel het by die 2012 Vryfees (Bloemfontein) en 2013 Woordfees (Stellenbosch).

  • 7de Laan - 2017, 13 episodes as Maryke, Karmen se au pair.

*werk as Company Manager ( ek weet nie wat dit in Afrikaans is nie - basically het ek die toneelgeselskap bestuur, happy gehou en vervoer na die teaters, met die teater personeel gekommunikeer ens. ) in Nederland in 2015 vir die jeugmusical “Spijt: De Musical” wat getoer het deur die land na sowat 80 teaters.

*2017 sing in Griekeland op die eiland Korfu/Corfu in trio-program VIVA LAS DIVAS: somerkontrak as vermaak vir gaste by hotelle en vakansie oorde

Trek Australië toe in 2018, raak betrokke by gemeenskapsteater en ‘n paar kortfilms in Perth, Australië.

*Wen Robert Finley Award as Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol in ‘n musical, vir die rol van Cosette in Les Misérables - 2020 in Perth.

*Ons het Feb 2020 Melbourne, Australië toe getrek en nou is ek eintlik maar net betrokke as stem kunstenaar en produksie assistent by ‘n podcast van Jane Austen se boek Pride and Prejudice - ook deur ‘n gemeenskapsteater produksiehuis.

So ja, dis maar hoe ver my loopbaan nou is - dit lyk baie beter op papier, glo my, want ek het nog nie in Australië vreeslik baie professionele werk gedoen nie.

In Suid-Afrika darem ‘n paar professionele produksies by feeste en deur Pacofs in Bloemfontein.





OUD LEERDER VAN HOËRSKOOL DE AAR ONTVANG INTERNASIONALE ERKENNING

Marli van der Bijl (nou Putter), tans woonagtig in Sydney, Australie, het onlangs in die wêreldbekende musiekblyspel, Les Miserables as Cosette opgetree.

Sy is genomineer as die beste ondersteunende speler tydens die Dramafest in 2019 deur die Independent Theatre Association.

Sy is tans op ‘n besoek in RSA . Sy het Saterdagaand die nuus ontvang dat sy die toekenning, in Perth, ontvang het as die beste ondersteunende speler gedurende 2019.

Marli het die volgende opmerking oor die toekenning gemaak:

“I cried. Not only because this is one of the biggest and unexpected honours I have ever been blessed with, but also seeing the support of so many beautiful Perth Theatre People I’ve had the privilege of meeting and working with. I couldn’t be there to share the Finley Awards with this amazing bunch, so you can imagine my emotions when I got numerous messages bearing the great news. I will miss this theatre community soooo much. Thank you to the ITA and Finley Judges, and everyone I got to share the stage with during our time in Perth. “







De Aar, Suid-Afrika en Hoërskool De Aar is trots op jou, Marli.

Baie geluk, ons hou jou toekoms dop.







Om die volledige berig te lees, kliek op die pdf skakel hier onder/To read the full article, click on the pdf file below:

OUD LEERDER VAN HOËRSKOOL DE AAR ONTVANG INTERNATIONALE ERKENNING - Marli van der Bijl