MAIKE CURRIE





HSDA TROTS OP OUD-SKOLIER EN HOOFMEISIE



’n Oud leerling en voormalige hoofdogter van Hoërskool De Aar, Maike Currie, is nou al ’n gereelde gesig op internasionale televisie wanneer sy kommentaar lewer oor ekonomiese verwikkeling en nuusgebeure wêreldwyd.

As voormalige joenalis by Die Burger in Port Elizabeth en later die Finanical Times in London - waar sy ’n boek oor beleggings na die internasionale geldmark-krisis, The Search for Income, geskryf het - is sy nou beleggingsdirekteur by die internasionale beleggingsreus Fidelity International.

Haar werk is om die maatskappy se posisie oor beleggings en geopolitiese verwikkelinge aan kykers en luisteraars te verduidelik.

Sy sê die ekonomie lesse wat sy geneem het by die Hoërskool De Aar by oud onderwyser Mr Pieter Duminy het die grondslag gelê vir haar belangstelling in die veld.

Maike het van Standerd 6 tot Matriek, soos dit destyds geken is, ekonomie by Mr Duminy geneem en het ‘n A-gemiddeld in die vak behaal in haar finale skooljaar.

Min kykers is egter bewus daarvan dat sy in De Aar grootgeword het en haar huistaal Afrikaans is.

Om eerlik te wees, sê sy, praat sy net Afrikaans by die huis met haar man en kinders.

Maike is die oudste dogter van voormalige Laerskool De Aar onderwyseres, Madelief Currie, wie vroeër die jaar na 30 jaar uit die onderwys afgetree het.

Maike kan gereeld ook in Suid-Afrika op TV gesien word- BBC Business Live en weer op die BBC World.

Haar TV verskynings kan ook op die Youtube webwerf gesien word onder die opskrif, Maike Currie.

Ons ook hier in Suid-Afrika gelukkig om weer die Karoo boorling te sien praat oor sake soos in die inpak van rentekoerse op persoonlike beleggings of hoe politieke en nuus verwikkelinge in die wêreld ’n inpak op geldmarkte het.

Sy kan ook gereeld op BBC radio gehoor word om ’n analise te doen van gebeure binne die Verenigde Koninkryk.

In 2016, is sy aangewys as die Headline Money Expert of the Year, deur die VK se top finansiele joernaliste