HANNO KOEN



Hanno Koen het by “Art Direction by AAA School of Advertising” in Kaapstad studeer.

Hy het die ʼn bronstoekenning in die studente-afdeling verower tydens die jaarlikse Loerie-toekennings in Durban.

Hy was die kuns Regisseur in die advertensieveldtog vir “Zam Buk” in die kategorie, Gedrukte media.

Wat die toekenning nog meer merkwaardig maak, is dat die Loeries eintlik konsentreer op Engelse werke in die advertensiewese en hierdie was ʼn Afrikaanse advertensie.

Hanno het hierdie uitmuntende prestasie behaal, ten spyte daarvan dat hy nie kuns as vak op skool kon neem nie.

Weereens ʼn bewys dat Hoërskool De Aar goed gekwalifiseerde, topgehalte leerders die wêreld instuur, wat hulle deur niks laat stuit nie.

Hanno (seun van die skoolhoof Mnr. Johan Koen en Jeanie Koen) het ook sy graad ontvang. “BACHELOR OF ARTS IN CREATIVE BRAND COMMUNICATION” (Art Directoire)



HANNO KOEN (kuns regisseur) EN JACO LOUW (kopie skrywer)

PENDORING - Hanno Koen, het die afgelope naweek ʼn silwer pendoring- toekenning in die studente afdeling verower , tydens die jaarlikse Pendoring – Toekennings in Johannesburg.

HSDA is trots op hierdie oud-leerder!