2020 Kamp vir 2021 Seniorraad





HSDA – SR KAMP

Donderdag, 5 Nov het HSDA se Seniorraad vir 2021 op die jaarlikse SR-kamp gegaan. Hierdie kamp word deur CUT, in Bloemfontein aangebied.

HSDA stuur jaarliks sy Seniorraad na Bloemfontein om hul voor te berei vir die uitdagings wat hulle mag ondervind in hul termyn as leiers by HSDA.

Donderdagaand het die eerste beplanningsessie plaasgevind waar elke SR – lid in ʼn portefeulje geplaas is waarvoor hulle hoofsaaklik verantwoordelik sal wees. Die onderskeie portefeuljes is akademie, sport, kultuur, gees, logistiek en bemarking.

Vrydag het die SR – lede ʼn opleidingsessie by CUT bygewoon waaraan hulle hoofsaaklik gewerk het aan maniere om mekaar beter te leer ken en die verbetering van spanwerk. Vrydagaand het die SR hul tweede beplanningsessie gedoen waar hulle beplan het aan wat hulle wil doen en bereik in 2021, asook die fondsinsamelings waarvoor hulle verantwoordelik is.

Die SR-lede het hulle laaste sessie by CUT op Saterdag, 7 November bygewoon waar hulle hoofsaaklik gefokus het op individuele verskille en ʼn samevatting gedoen het van wat hulle geleer het.

HSDA se Seniorraad is gerat vir al die uitdagings wat 2021 hulle gaan bied en is positief en opgewonde oor die skool, sy leerders en ouers.



Donderdag, 5 Nov 2020

Seniorraad vir 2021 voor die BOET TROSKIE SAAL in Bloemfontein.