2025 Seniorraad
2025-SR is slaggereed
Die leierskamp van Hoërskool De Aar, wat van 24 tot 26 Oktober in Bloemfontein gehou is, het 'n wonderlike geleentheid gebied vir die leerders om hulle leierskapvaardighede te ontwikkel. Die kamp, aangebied deur Teambo, het 'n verskeidenheid aktiwiteite ingesluit wat nie net fokus op leierskap nie, maar ook op spanwerk en kommunikasie.
Deelnemers het aan interaktiewe werksessies, uitdagende buitelugaktiwiteite en spanbou-oefeninge meegedoen. Hierdie aktiwiteite het hulle nie net gehelp om hul eie sterkpunte te ontdek nie, maar ook om beter saam te werk en mekaar se vaardighede te waardeer.
Die kamp het ook 'n ruimte geskep vir refleksie, waar leerders kon nadink oor hul eie leierskapstyl en hoe hulle in die toekoms meer effektiewe leiers kan wees. Die ervarings en kennis wat hulle opgedoen het, sal ongetwyfeld 'n positiewe invloed op hulle betrokkenheid by die skool en die gemeenskap hê.
Die SR se slagspreuk vir die jaar is: “Motivated by the fear of being average.” Hul doel is om skool ‘n wil en nie net ‘n moet te maak.