2023 Wiskunde-uitdaging





"Calc-oholic" Uitdaging

Hoërskool De Aar bied elke tweede jaar 'n Wiskunde Uitdaging aan vir die hele skool om hulle talente in Wiskunde te wys.

Die uitdaging het uit 3 rondtes bestaan.

Rondte 1 het almal ‘n 100 punt tafel toets geskryf.

Al die leerders wat 70% en meer gekry het, het na rondte 2 deurgedring.

Rondte 2 het uit 3 vrae bestaan, vraag 1 was ‘n 70 punt enkelsyfertafeltoets, vraag 2 was ‘n 15 punt dubbelsyfertoets en vraag 3 het uit 15 orde van bewerking somme bestaan.

Die top 10 van elke graad het deurgedring na rondte 3.

Rondte 3 het die graad 8’s en 9’s teen mekaar meegeding vir die beste wiskundeboffen en die graad 10’s, 11’s en 12’s teenmekaar.

Die rondte het uit 4 vrae bestaan, leerders het beperkte tyd per vraag gekry.

Ons wil die volgende leerders geluk wens wat die junior- en seniorafdeling van die uitdaging gewen het.

Die gr8’s het omtrent stof in die gr9’s se oë geskop met die finale rondte.

Juniors: 3de plek Marco de Carvalho en Ayazingca Davani, 2de plek Christaan Raath en MacKAyla Kriel en in die 1ste plek Llené Festus.

Seniors: 3de plek Amand Kitengye, 2de plek Rico van Heerden en in die 1ste plek Liné Pienaar.



Wenners