2021 Wiskunde-uitdaging





Wiskunde-uitdaging

Die afgelope kwartaal het Hoërskool De Aar ‘n Wiskunde-uitdaging gehou waar leerders van Graad 8 tot 12 aan drie rondtes deelgeneem het.

In die laaste rondte het tien leerders van Graad 8 en 9 en elf leerders van Graad 10 tot 12 meegeding om die beste Wiskundiges te wees.

Die volgende leerders is die Top 3 wenners van die senior en die junior groepe.

Seniors: Eerste plek Amand Kitengye (Graad 10), tweede plek André Theron (Graad 11) en derde plek Ethan Afrika (Graad 11).

Juniors: Eerste plek Antoné Menne (Graad 9), Tweede plek Liné Pienaar (Graad 9) en derde plek Leandro de Carvalho (Graad 9).

Baie geluk aan die leerders, HSDA is baie trots op julle!



Seniors



Juniors