2023 Eskom Ekspo/Expo



Drie van HSDA se leerders het gedurende die Septembervakansie die Noord-Kaap by die “International Science Fair” in Johannesburg verteenwoordig.

Hul projekte vaar baie goed.

TC Markgraaff wen goud met sy projek wat sigaretstompies hergebruik vir die maak van kussings – “Sleep on your butts.”

Hy ontvang ook ‘n spesiale prys in sy Omgewingstudies-kategorie en is nou ‘n skootrekenaar ryker.

Welmy Erasmus en Leandro de Carvalho wen brons met hul projek: “Birds eye view”.

Hulle probeer met hul taak om ‘n beter sigafstand te verkry sodat bestuurders verder kan sien en veiliger verby kan steek.





ESKOM EXPO

Op Saterdag, 5 Augustus het vyftien van HSDA se leerders aan die jaarlikse “Expo for young Scientists” deelgeneem.

Hulle het reeds vroeg in die jaar aan hul projekte begin werk en Saterdag is hul harde werk beloon.

Twaalf van die veertien projekte het pryse verwerf en drie is aangewys as die beste projekte in hul afdeling.

Drie Meriete pryse is aan Sibusisiwe Sam, Jan Hendrik Viljoen en Mbuyiselo Jnr Madyo toegeken.

Brons medaljes is aan Anri du Preez en Llene Festus toegeken.

Die vier silwer medaljes het aan Christo Kruger wat “slaggate” regdokter, Marco de Carvalho wat ook die beste projek in die Biomediese-kategorie wen, Adriano de Carvalho en Anja van der Merwe.

Sy kry ook die prys vir die beste projek in die Energie-afdeling.

Ons het drie goue medaljes verower met uitstaande projekte wat die beoordelaars gaande gehad het.

TC Markgraaff wat sigaretstompies verwerk tot sagte kussings, Antoné Menne wat skaapmis as alternatiewe energiebron gebruik en Welmy Erasmus en Leandro de Carvalho wat met hul projek “Birds eye view” daarmee poog om verder en beter te kan sien wanneer ʼn voertuig verby gesteek moet word.

Hul projek is ook die beste in die Ingenieurs afdeling.

Antoné Menne het een van die vier spesiale pryse vir die mees innoverende projek verower!

In ag genome dat daar eenhonderd en veertig projekte was wat deelgeneem het, het ons leerders baie goed gevaar.

Aangesien dit die einde van Nasionale Wetenskap week was, is hul ook uitgedaag om ʼn brug te bou wat aan sekere standaarde moes voldoen.



Agter: Jan-Hendrik Viljoen, Christo Kruger, Mbuyiselo Jnr Madyo, Welmy Erasmus, TC Markgraaff, Anja van der Merwe, Anri du Preez, Leandro de Carvalho, Llené Festus, Antoné Menne, Sibusisiwe Sam

Voor: Mev. Jeanie Koen (onderwyseres), de Carvalho, de Carvalho, Janco Bothma, Mnr. Johnny Hattingh (onderwyser)