2018 Nasionale Imbewu Expo





HSDA leerders vaar uitstekend by Nasionale Imbewu Expo!

Gedurende die Desembervakansie het drie van ons leerders aan die Nasionale Imbewu Expo wat by die Universiteit van Pretoria aangebied is, deelgeneem. Hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Thandokazi Ntozini wen ʼn bronsmedalje met haar projek waarmee sy poog om met die hulp van indikators te kan aandui wanneer ʼn drankie met oogdruppels gedokter is om sodoende "date rape" te voorkom.

Johan Duvenhage en Christi Venter wen goud met hul projek: " Olie red die Karoo", waarmee die oppervlak van damme met ʼn olie laag bedek word om verdamping te bekamp. Hul projek word ook aangedui as van die wat moontlik in die toekoms Internasionaal kan gaan deelneem.

Baie geluk aan die leerders wat soveel ekstra werk insit,

HSDA is trots op julle!



Goud: Johan Duvenhage en Christi Venter

Brons: Thandokazi Ntozini