2024 Eskom Ekspo/Expo
Eskom Expo
Twee van HSDA se leerders is gekies om die Noord-Kaap gedurende die vakansie by die International Science Fair (ISF) te gaan verteenwoordig.
TC Markgraaff se projek gebruik ‘n swam, Mikorisa, wat saam met plante se wortels leef, om olie-besmette grond te suiwer en die pH sodanig te verander dat plante weer met gemak daarin kan groei. Hy verower ‘n goue medalje in die kategorie vir Omgewingstudies by die ISF.
Alda Augustyn gebruik ou buitebande om gronderosie te bekamp. Hiermee slaan sy twee vlieë met 1 klap dood, red ons grond en raak ontslae van buitebande wat die wêreld besoedel. Hiervoor ontvang sy ‘n goue medalje, ‘n spesiale prys vir Grondstudies en ‘n R1000 in die sak.
Baie geluk aan ons leerders wat van krag tot krag gegaan het.


VLNR: Alda Augustyn ; TC Markgraaff

ESKOM EXPO:
TC Markgraaff en Alda Augustyn is gekies om aan die "Internasional Science Fair" te gaan deelneem.
Leerders wat by die "Eskom Expo for young Scientists" goed gevaar het, word hiervoor in ag geneem.

Eskom Ekspo
Gedurende die kwartaal het HSDA se sport aansienlike hoogtes bereik.
Op Saterdag, 17 Augustus, het ons akademiese spiere gebult toe 16 van ons leerders in Kimberley aan die jaarlikse Eskom Ekspo vir jong wetenskaplikes gaan deelneem het.
Uit die 130 projekte wat ingeskryf is verower HSDA se leerders een meriete toekenning, vier brons, ses silwer en vyf goue medaljes.
Uit die 13 kategorieë waaraan deelgeneem kan word het ons ses kategoriewenners.
Mbuyisele Junior Madyo wen ook ‘n spesiale Eskomprys vir die beste energieprojek met die sonoond wat hy gebou het.
Ons goue wenners is Llené Festus, Marco de Carvalho, Adriano de Carvalho, Anri du Preez en TC Markgraaff.
Llené, Adriano, Anri en TC se projekte word ook uitgesonder onder die Top 13-projekte van die dag.